KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 28 March 2012

BOER- MOET NOOIT 'N "DEMOKRATIESE" MASKER GLO NIE










Die ANC het die grensposte oopgegooi vir lede van terreurbewegings uit Afrika en buurlande, om Suid-Afrika deur middel van grootskaalse tAAerreurveldtogte te verwoes.
Wanneer die samelewing dan genoegsaam verwoes is en alle burgers in ‘Interne Vlugtelinge” omskep het, gaan die ANC dan die weermag inspan om weer ‘orde’ te skep en beheer oor alle bates, grond, landbougrond en kapitaal oor te ,neem.
En dan gaan die ANC ewe vroom vra: “Wat is die probleem?”, nadat ons almal se lewens ontwrig is.
En dit is in hierdie vyfde fase van ‘normalisering’, waar die ANC gaan orde skep wat deur die terroriste en militia’s uit Afrika veroorsaak is, wat die gevaarlikste is. Dan word alle intellektuele, boekskrywers, rubriekskrywers en teenstanders van die ANC voor die voet voor ‘n vuurpeloton van kant gemaak, juis omdat hulle die potensiële leiers van ‘n weerstandsbeweging kan vorm.
Enige land se intelligensiedienste het hul eie ‘Black Operations” departement, wat terreurdade pleeg teen onskuldige slagoffers of kritiese burgers. Dit is ook genoem die ‘Wet Department’ omdat dit moord en sluipmoord insluit en die opruiming van moordtonele behels.
Onlangs is bekend gemaak die ANC se “Black Operations” afdeling word die “Ice Units” genoem, omdat hulle slagoffers in koelkamers in lykshuise lê.
En hierdie “Black Operations’ departemente van die staat gebruik nog altyd die uitvaagsels van die samelewing om hulle vuil werk te doen, omdat as die mense gevang word, hulle as ‘misbares’ beskou word. Niemand mis die uitvaagsels van die samelewing nie. Ook nie die kriminele wat ingespan word om die terreurdade te pleeg nie.
In die meeste gevalle is die moorde op blankes in Suid-Afrika gepleeg juis deur van hierdie terroriste uit buurstate soos Mosambiek en Zimbabwe.
En in Suid-Afrika word hierdie terroriste uit Afrika, deur die Suid-Afrikaanse polisie deurgelaat by die grensposte, in ‘’n ooglopende en ongrondwetlike aanhitsing van terreur in die binneland van Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Polisie het die grootste de-facto plegers van terreur teen die blanke bevolking van Suid-Afrika geword.
Die feit dat die Lord’s Résistance Army, ‘n militiagroep of terreurgroep in Suid-Afrika funksioneer getuig daarvan. En hierdie terreurgroep het duidelike politieke opdragte om die Suid-Afrikaanse ekonomie in totaliteit te beheer, wat natuurlik en ooglopend ook die huidige volgende stap is in die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie en dit is ook die doelwitte van die ANC se jeugliga. En in die verband is daar al bykans 10 000 lede van die ANC se jeugliga in verskeie militêre basisse regoor die land opgelei.
Is dit toeval dat die doelwitte van die LRA, die ANCJL en die ANC se doelwitte van die NDR, oftewel die Nasionale Demokratiese Revolusie ooreenstem met die doelwitte van Swart Nasionalisme en die Progressiewe Beweging waarvan die ANC die voorloper is?
Dit is geen toeval nie.
Die ANC gaan eersdaags ‘n binnelandse terreurveldtog van stapel stuur deur middel van frontorganisasies, wat die ergste terreurgroepe uit Afrika en die buurlande insluit.
En dan in hierdie hel, waarbinne almal ontwrig en ontwortel is, gaan die ANC se weermag op die toneel verskyn as die “Engele’ in die verhaal en van hierdie “Hel” ontslae raak. En dan het almal vergeet, die ANC het in die eerste plek die hele Hel op Aarde geskep.
Moenie geflous word nie.
Die tyd is nou om by verskeie organisasies in te skakel, waar daar kontak tussen lede bestaan, wat die godgegewe reg uitoefen om terroriste wat ons regop lewe wil wegvat, af te maai.
Die polisie het die reg verbeur om terreurgroepe as ‘wetsoortreders’ aan te keer en in tronk te stop met drie maaltye ‘n dag, die dag toe hulle hierdie terreurgroepe die land binnegelaat het om teen die burgers van Suid-Afrika, en die Afrikaners ‘n terreuroorlog te kom voer.
Die polisie het die spelreëls verander van ‘n wetsoortreder na terrorisme toe deur hierdie terreurgroepe uit Afrika in Suid-Afrika toe te laat.
En wanneer die staat en die polisie se planne misluk om ‘n terreurveldtog van stapel te stuur en die terroriste gevang word, of ontdek word, toe wil die ANC se politieke polisie, die SAPS; weer skielik in ‘n gebaar van bewaring en preserving van die bose, op die toneel verskyn en van ‘polisiëring’ begin praat.
Die feit is dat die polisie sy reg op polisiëring reeds de-facto en de- jure by die grensposte geabdikeer het en afstand van gedoen het, die OOMBLIK toe hulle hierdie terreurgroepe in Suid-Afrika toegelaat het.
Van toe af is die burgers en die Afrikaners deur die ANC in ‘n staat van oorlog gedompel teen die ANC se Kamerade-In-Terreur en Broeders-Van-Die-Wapens uit Afrika.
En daarmee saam het die SAPS saam een van die mees gevaarlikste terreurbewegings en vyand van die gewone landsburgers en Afrikaners, geword. Die SAPS is die instelling wat terroriste in Suid-Afrika laat binnnekom, om ons te terroriseer.
Die SAPS is die Trojaanse Perd in ons midde wat die vyande die stadspoorte binnelaat.
Die Bloemfontein Courant het so pas berig dat:
“Lord’s Resistance Army-type child-soldier gangs are being recruited in the Free State and call themselves the “International Junior Portuguese’. They use satanic-black African witchcraft fears to keep the youngsters under control. Recruits can only join if they have committed a murder. The claimed aim of the IJP is to target ‘the economy’. Although 36 members were arrested in Brandfort, they can only be charged under the Youth Crime laws and get lenient sentences. They have carried out hundreds of attacks on farms, smallholdings, shops also those owned by black foreigners in townships, and wage a reign of terror right into downtown Bloemfontein as well.”
U kan die hele berig op die internet lees deur op die skakel te kliek Waansinnige terroriste uit Kongo, nuutste volksmoordenaars van Afrikaners
Hierdie LRA was juis deur die Kony gestig, wat deesdae volop in die nuus is oor sy menseregteskendings. Die dieper feit rondom Kony is dat die Weste skielik ingryp teen die bende omdat die weste self belang stel om die nuut-ontdekte olievelde te gryp en te plunder in Kenia.
Wikipedia berig so oor die LRA en ek haal hulle direk aan: “The Lord’s Resistance Army, or Lord’s Resistance Movement, is a militant group operating in northern Uganda, South Sudan, the Democratic Republic of Congo and the Central African Republic[7] accused of widespread human rights violations, including murder, abduction, mutilation, and forcing children to participate in hostilities
Die LRA is ‘n sinkretiese mengsel van tradisionele Afrika-gelowe, die okkulte, Afrika-nasionalisme en eksterne beelde uit die Christelike geloof, soos kanselversierings met die kruis daarop gedrapeer en kruisies om die nek vir versierings.
Dit is ‘n geloof gevorm deur Satan self, wat in Suid-Afrika, die stryd van die draak, teen die getuies wat aan Jesus Christus bly glo, vêrder kom vervolg.
Sou die LRA hier in Suid-Afrika, ‘n suksesvolle terreurveldtog van stapel, stuur, gaan die Weste op een of ander stadium ook hier ‘ingryp’ teen die sogenaamde ‘vergrype’ van die terroriste.
Maar dit alles is net ‘n voorwendsel om Amerikaanse troepe op bodem geplaas te kry, sodat die plundering van ons grondstowwe en edelmetale ongebreideld kan voortduur. En so gaan daar ook ons geliefde Suid-Afrika se bodem, die weermagte van die supermoondhede teenoor mekaar aantree uit gierigheid, om die meeste grondstowwe verniet te bekom.
Moenie vir een oomblik glo dat die Weste regtig daarin belang stel om Kony se vergrype te stop nie. Menseregte word net ‘n kwessie vir buitelanders sodra daar ru-olie of grondstowwe in ‘n land is, wat geplunder kan word.
En die metodiek is nog heeltyd dieselfde in Afrika: die instuur van terreurgroepe in lande met grondstowwe, dan die effense ontwrigting en slagtings van die burgerlikes en dan die miltêre inmenging wat toesig hou dat die plundering op die myne glad verloop.
Die probleem is dat nie net die Weste is wat gaan kastig ‘ingryp’ in Suid-Afrika vir beheer oor ons hulpbronne nie, maar ook die ander twee supermoondhede, Rooi Sjina en Rusland. Die een supermoondheid gaan nie toelaat dat die ander supermoondheid, ‘n mineraalryke land soos Suid-Afrika monopoliseer nie.
Vir ons beteken dit ‘n lewe van swerwery, van vooruitswerf voor vegtende militias uit, wat veg om dominansie in een of ander gebied, vir een of ander mineraal of metaal. Ons gaan vlugtelinge in ons eie land word, voortdurend en ononderbroke uitgelewer aan een of ander ‘warlord’, of militiagroep.
Die LRA het reeds meer as 2 miljoen mense permanent in Afrika ontwrig.
Tesame met die ander terreurgroepe reeds in Suid-Afrika teenwoordig, is ons as Afrikaners dae van ontwrigting moontlik voor die deur as dit binne God se raadsplan val.
Met een verskil: ons as Afrikaners aanbid die enigste ware lewende God, naamlik Jesus Christus en niks sal sonder Sy toelatende wil gebeur nie.
En noudat Kony se manne; die LRA die inwoners vanaf Bloemfontein tot in Bothaville terroriseer en die gepaardgaande ‘openbaring’ en ‘onthulling’ daarvan deur die SAPS in die Bloemfontein Courant, is die eindspel vir ons in Suid-Afrika duidelik.
Dit is die bloudruk en meesterstrategie om beheer van Suid-Afrika se minerale rykdomme oor te neem, wat besig is om te ontvou in ons midde en voor ons oë.
En dit is GEEN onthulling vir die SAPS nie. Die SAPS het die LRA se paspoorte op verskeie grensposte gestempel, net soos wat die SAPS ‘n klomp Somaliëse seerowers se paspoorte gestempel het toe hulle die land binnegekom het en daarna VYF skepe op die Richardbaaise hawe geskaak het en landuit daarmee gevaar het.
En dit was Somaliese seerowers wat eers op die Richardbaaise hawe met wapens voorsien was, onder andere .50 Browning masjiengewere.
Dit is die aard en omvang van die terreurveldtogte wat in Suid-Afrika met die volle samewerking van die SAPS beplan en gepleeg word.
Dit is tyd om patrone te laai en in te skakel by samewerkingsgroepe wat ons belange op die harte dra.
Die vyand is hier, in ons midde.
Waarmee is hul besig?



Amerikaanse Galaxy vragvliegtuig

Dit wat ek nou wil sê, kom al ’n lang pad en sluit ook aan by van die kommentare op die laaste blog-artikel, “Bemoediging vir my volk”. Dit handel oor die Mandela-is-siek-Mandela-is-dood-sirkus, en is reeds in Mei verlede jaar op die blog bespreek (Die kat kom terug.)
Om u geheue te verfris, wil ek enkele gedagtes herhaal wat reeds op 16 Mei 2011 i.v.m. met Mandela en sy ewige siektes en dood gesê is. Ek haal ons bron aan:
“Ek was ‘n klompie jare gelede by die Inligtingskantoor en het soms insae gehad in koverte inligting van die ANC. Wat my verbaas het, was hulle intense belangstelling in Siener se gesigte. In hulle besit was daar boeke van jou en prof. Raath, asook video’s van die SABC en jou Siener-toer van 2001.
”‘n Swarte wat lêers van die Boeremagsaak hanteer, het eendag by my gespog dat hulle nie net haarfyn weet wat in regse kringe aangaan nie, maar ook weet wat Siener voorspel het. Hy het toe verwys na die 1990-Mandela-dokument waarin melding gemaak word van die swart terreur wat na sy dood sou plaasvind, en dat Siener dit voorspel het.
“…Al die geheimsinnigheid oor Mandela se opname in Milpark-hospitaal (vroeg in 2011), die stilswye oor sy toestand, mediese verklarings oor sy long wat platgeval het, én die halsoorkop manier waarop hy uit Milpark-hospitaal ontslaan is … (het my laat dink) ons het hier ‘n wolf-wolf storie. Hoeveel keer is daar nie al (deur die ANC self) gerugte versprei dat Mandela dood is, en die regses op loop gejaag nie? En elke keer was dit vals. Hulle weet baie goed wat Siener gesê het oor die kis wat in die graf afsak en die geweld wat dan uitbreek. Hulle weet ook dat regse groepe daarvoor gereedmaak (want) hulle hoop dat hierdie wolf-wolf skreeuery sal maak dat as hy die dag regtig sterf, die meerderheid dit nie sal glo nie…” (Tot sover die aanhaling.)
Die afgelope week kry ek toe weer ’n boodskap van die persoon:
“Ek wil net bevestig dat die ANC se Mandela-speletjie met ons mense lelik geboemerang het. Met al hulle pogings om sy “siekte” te misbruik om ons te mislei, is hulle in die tande geskop, en dit deur ’n omgekrapte joernalis van die New York Times.
“Dit het alles begin nadat Mac Maharaj op Saterdag 25 Februarie vanjaar aan die BBC gesê het Mandela is weens “tering” en “ernstige abdominale probleme” in die hospitaal opgeneem en dat hy nog daardie selfde aand ’n “noodoperasie” sou ondergaan. Maar Maharaj wou of kon egter nie sê in watter hospitaal Mandela opgeneem is nie. (Terloops, waarom het BBC die nuus eerste ontvang en nie die plaaslike media nie? kan gevra word.)
“Die volgende oggend op RSG se agtuurnuusuitsending het Maharaj se storie skielik heeltemal verander:
(1) Mandela het nie tering nie (hy het dit op Robbeneiland gehad).
(2) Hy is nie die nag geopereer nie.
(3) Hy het skielik onthou Mandela is in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria (hoegenaamd nie die plek om die wêreldse grootste ikoon te versorg nie!).
(4) Die media – wat dwarsdeur die nag rondgehardloop het opsoek na waar Mandela hom bevind – moes met hul aankoms by 1 Militêr, hoor hulle mag nie nader as 500 meter van die ingang af kom nie.
(5) ‘n Beeld-fotograaf is deur die militêre polisie in ‘n vangwa gesmyt en gedwing om ‘n foto, wat sy (op 500 meter) van die hospitaal geneem het, uit te vee.
(6) Nog skaars het joernaliste van die skok herstel, of hulle moes by ’n beampte van 1 Militêr hoor Mandela word nié by dié hospitaal behandel nie.
(7) Woede en pandemonium breek toe los, en veral die buitelandse pers en TV-stasies eis ’n verduideliking. ’n New York Times joernalis vaar uit oor die regering se “uiters powere en swak hantering van Mandela se siektetoestand sedert sy uittrede as staatspresident – want, sê hy, dit loop elke keer uit op ’n chaotiese toestand waarin die media nie net soos kriminele behandel word nie, maar ook in die duister gehou word oor wat Mandela se toestand is, verder word hulle om die bos gelei en belieg en selfs verbied om foto’s van Mandela se gesig te neem! Waarom? Wat skuil agter al hierdie sieklike geheimsinnigheid?”
“Toe hy geen verduideliking kry nie, het hy die “swart menere” in beheer baie mooi vertel hoe sulke sake gehanteer behoort te word. Hy het oud-president Ronald Reagan van Amerika as voorbeeld gebruik: “Hy was as ikoon nie naastenby Mandela se portuur nie, maar nadat hy longontsteking in 2004 opgedoen het, het sy mediese span elke dag en byna uurliks verslae oor sy gesondheidstoestand uitgereik – iets wat skandelik by Mandela se dokters ontbreek. En ek vra weer: Waarom?”
Ons informant het intussen verneem die ANC het uiteindelik besef hulle wolf-wolf-speletjie het totaal misluk, en dat hulle nou daarvan afgesien het.
Ons sal dus eers weer van afgod-Mandela hoor die dag as sy “dood en begrafnis” aangekondig word.
Maar sedertdien vind daar oral in die land onrusbarende dinge plaas, dinge wat die indruk wek dat hulle (die ANC) haastig besig is om vir hierdie “finale aankondiging” voor te berei:
1) Volgens ’n oud-vlieënier is die lugmag al ’n geruime tyd besig met lugoefeninge by Wonderboom-lughawe en Hoedspruit. Uit ’n ander bron verneem ons daar vind ook gereeld nagvlugoefeninge by Yzterplaat plaas.
2) “Die inspit van die kadawer kan nie te lank na afloop van die lugmaneuvers plaasvind nie, want “party” van die platneuse wat daaraan deelneem, moet nog in “oefening” wees,” is die die oud-vlieënier se mening.
3) By die Amerikaanse lugmagbasis in Botswana is daar die afgelope tyd ’n ongekende bedrywigheid. Van hulle heel grootste militêre vliegtuie, die Galaxy C-5′s (sien foto bo) kom land daagliks op die lugmagbasis, net om later in die dag weer op te styg. Al wat ons kon vasstel, is dat massiewe hoeveelhede wapens en ander voorrade daar afgelaai word.
4) Uit Natal stuur Anton Potgieter vir ons hierdie waarskuwing: “Ek het vanoggend werk toe gery en moes verby ’n Taxi-rank gaan.  Daar was 3 taxi’s wat daar gestaan het en omtrent 20 mense op die sypaadjie.  In die middle van die pad  het 3 swartes met hout ak47 gewere gelê.  Hulle het gemaak of hulle na my skiet en die swartes het hulle luid toegejuig.  Ek moes uit die pad swaai vir hulle — hulle het hul nie aan my gestuur nie, en toe ek terug kyk, het ek gesien hoe hulle “leopard-crawl” en oor die teerpad rol. Dit was duidelik ’n oefening om aankomende verkeer te stuit en die pad te blokkeer ”.
5) Dié wat daardie dag nie betyds uit die dorpe en stede wegkom nie, gaan hulle in hierdie padblokkades vasloop en afgemaai word!
6) Wie van ons mense weet dat Jacob Zuma die dag met die ANC se 100-jarige feesvieringe op 8 Januarie vanjaar nie net ’n bul ter ere van sy voorvadergeeste geoffer het nie, maar gedurende die seremonie ook lyfswaaiend lustig saam met sy onderdane gesing het: “Ons gaan hulle doodmaak! … Ons gaan hulle doodmaak!” Wié die hulle is wat hierdie Tweede Dingaan wil slag, hoef ons seker nie te raai nie. Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie, wat Zoeloe magtig is, het verlede week op Radio-Pretoria bevestig dat hy dit self gehoor het.
5) Laastens is daar die ook ander gevaarligte (maar ook ‘n helder groen lig) waarvan ons moet kennis neem en waaroor van ons Bloglesers gerapporteer het:
KleinVrystaat: “Klein vuurtjies slaan nou oral uit, ons wag vir die groot vuur na die graf!”
JohannW:“Ek hoop julle let op hoe landwyd rond en bont die opstande plaasvind. Wag maar vir die dag wanneer hulle dit op eendag landswyd doen. Bly paraat, wees wakker, hoe lank nog?”
Barry62: “Ek stem saam, die opstande spring nou orals op. Omdat dit kommunisties-georiënteerd is, kan gerus gekyk word na die Tet-aanvalle in 1968 in Viëtnam. Die VC & NVA het die Amerikaners heeltemal onkant gevang, en in plaas van een groot aanval, het hulle dit oor 120 dorpe en areas regoor Viëtnam gedoen. Wat die Amerikaners nie geweet het was dat die vyand reeds maande voor die tyd wapens/ammo en troepe na die gevegspunte geskuif het. Verder is hulle onkant betrap omdat dit die Tet-feestyd was en dus nie op hulle hoede nie”.
AntSan: “Die kerse van inligting is doodgeblaas”.
Chris Schlebusch: (Maar) ons staan nie alleen nie!”
Nelson Mandela se begrafnis sal ook ’n “Tet-feestyd” wees — ‘n wêreldfees, soos sy kleinseun, Mandla, dit gestel het. En hoeveel duisende blankes gaan dan nie blymoedig hand-om-die-lyf met Dingaan hulle eie dodedans uitvoer nie?
NB.  Waarom was die Dalai Lama se visum einde verlede jaar gekanselleer - hy wou dan so graag vir Mandela kom 'hello' se het?????  Le Mandela dalk reeds gebalsem in 'n vrieskas en wag vir die regte 'datum'????