NOG N PRAGTIGE GEDIG.
Met ruisend rasend hordes wat in agterhoed betree
en skuimend water werend wat vooruitgang inhibeer...
Hoe kom my siel in tweespalt, gedruk van beide end?
Waar sal my hulp vandaan kom,
tot wie sal ek my wend?
So bied gebed my brekend bres
en skeur geloof die wal,
in stilte dankbaar, need’rig rus
sien ek my vyand val.
O, hoe dors my siel al smagtend,
verskroeid, verkrimp, verdor...
Hoe kan jy tog so murmureer
in eindelose mor?
As hedendaagse manna in die honger siel beland
en mymerende dorsing,
geles word deur die klank,
dan ruis die jubelkore,
dan daal my loflied neer
en uit die as herrys wat was,
as koorklank triomfeer!
Dan twis my siel, en murmureer
dit slaan en breek, is broos en teer...
Geduld ontbreek, my siel kwyn weg
tot bitter dor verlore kneg...
O stil berusting keer in dank
maak soet my bitter,
rein die stank.
O Gees van God,
in aandwind keer
die stil berusting tot my neer.
My Vader, Abba, liewe Heer
Nooit is ek ooit allenig weer!
24 Desember 2011
Lokaal Gevangenis