KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 13 January 2012

PLATINUM ONDER DRUK.


Terwyl analiste nog die ANC se eeufees ontleed en ‘n hoogleraar van Kovsies
 mense selfs aanmoedig om weens die ontaarding van die ANC vir die res van
 die jaar swart roubande te dra; en terwyl die oë van die wêreld onrustig op die
 Europese ekonomie gewerp word, het iets amper stil-stil gebeur wat Suid-Afrika
 dalk veel ernstiger kan raak.
Die afgelope paar dae het iets ongewoons gebeur: die prys van goud is tussen
 $100 en $200 per fyn ons hoër, as die prys van platinum. Op 12 Januarie was die
 goudprys $1 665 per fyn ons, en platinum $1 506 per fyn ons. Jare lank was die prys
 van platinum hoër as die goudprys – in so ‘n mate dat ‘n platinum-gradering as ‘n hoër
 gradering as ‘n goue beskou word.
Om na redes te soek waarom alles wat blink nou goud is, is tot ‘n mate ingewikkeld
. Die naaste vergelykbare situasie het in 1990 gegeld, en toe het ontleders dit
 toegeskryf daaraan dat die wêreld op ‘n resessie afstuur. Die Geallieerde Magte
 het Irak toe pas vir die eerste keer ingeval, en die olieprys die hoogte ingestuur.
 Platinum het egter met ‘n kortkop voorgebly.Toe die goudprys in die huidige fase
 die prys van platinum gejaag het, het baie soortgelyke resessionêre toestande
 wêreldwyd geheers, en het Navo in ‘n belangrike olieprodusent, Libië, ingegryp.
 Trouens, die Arabiese domino-revolusie het kommer laat toeneem oor die lot
 van nog ander belangrike olieproduserende lande.

As die huidige pryse van die edelmetale in isolasie bekyk word, kan afgelei word
 dat die wêreld se ekonome ‘n depressie verwag. Platinum het meer industriële
 gebruike, en word die ekonomiese groei onder druk geplaas, is die aanvraag
 daarna minder, en daal die pryse. Goud daarenteen is dikwels ‘n toevlugsoord
 as belegging, wanneer ander beleggingsopsies te onstabiel raak. In beginsel
 sou ‘n mens dus verwag dat die goudprys en die platinumprys in teenoorgestelde
 rigtings op wêreldfaktore sou reageer, maar tog het die twee vir die meeste van
 die tyd gelyk of hulle hande vat in hul reaksie.
Gelukkig vir Suid-Afrika het dié land basies die monopolie op die voorsiening van
 veral sommige metale van die platimum-groep. Danksy die uitgebreide
 Bosveld-stollingskompleks oorheers Suid-Afrika die wêreldproduksie van
 verskeie van die platinum-groepmetale.
Voorverlede jaar het Suid-Afrika 78 % van die wêreld se platinumproduksie
 gelewer, 35 % van die wêreld se palladium en 86 % van die wêreld se rodium.
 Intussen het Zimbabwe danksy verhoogde produksie op die Zimbabwedyk
, ook ‘n belangrike platinumprodusent geword. Dié gesamentlike oorheersing
 verseker dat die wêreldmark dit kwalik kan bekostig dat die platinumprys tot
 onder die vlak van produksiekoste kan daal.
Sou die platinumproduksie egter wel erg afgeskaal moet word, kry die land
 nog duisende werkloses by – ook in Zimbabwe wat kort voor lank ook Suid-Afrika
 se probleem sal wees.

Die belangrikste produsente het hulle reeds tot salarisverhogings vanjaar van
 tussen agt en tien persent verbind. Sake lyk dus nie so bleek soos dit op die
 oppervlak mag voorkom nie.