KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 21 April 2012

VOLBER: 'N NUWE ERA IN REGSE POLITIEK






“’n Nuwe era vir die regse politiek”

17 April 2012, Pretoria.
Onder leiding van die Volksorganisasie Leiersberaad (VOLBER) is daar die afgelope naweek begin met ‘n nuwe hoofstuk in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika. Onder Volber se leiding, is daar besluit op ‘n noodsaaklike paradigma-skuif oor die Volk se betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse politiek, waarin die blankes vir hulleself ‘n toekoms moet beding en bepaal. Daar het al reeds 20  sogenaamde “regse” organisasies, bewegings en forums by VOLBER aangesluit, wat die nuwe rigting en inisiatief steun.
Die primêre doelwit van VOLBER, is om 1) ‘n verenigde gespreksforum vir Volks-organisasies se leiers te skep, en 2) selfbeskikking vir die Volk te bewerkstellig binne die internasionale aanvaarde politiek en reëls. Hierdie positiewe, praktiese, en volhoubare inisiatief is ‘n vars bries na 18 jaar in die politieke woestyn. Talle van die verteenwoordigers op hierdie amptelike Stigtingsvergadering van VOLBER in Pretoria was verbaas oor die positiewe gesindheid waarmee groepe en individue na die tafel gekom het. VOLBER het daarin geslaag om individue en groepe wat tot onlangs wantrouig teenoor mekaar was te verenig in ‘n sinvolle konteks. VOLBER as sambreel organisasie beoog om op hierdie sukses voort te bou en een en elke leier binne die behoudende blanke politiek die geleentheid te bied om saam, as ‘n verenigde front, ‘n gemeenskaplike doelwit na te streef.
Die spontane momentum gegenereer uit die werking van VOLBER is ‘n duidelike aanduiding van die behoefte om ‘n moderne en werkbare oplossing te vind. Een van die uitdagings wat VOLBER wil aanpak is om die misplaaste persepsie, dat behoudende groepe “regses” is wat hulself ophou met terreur en rassisme,  uit te wis. Die gesprekke wat gelei het tot die stigting van VOLBER en die aksies wat hieruit voortspruit getuig van ‘n paradigma skuif om meer sigbaar, meer effektief en meer prominent betrokke te raak binne die Suid-Afrikaanse politieke landskap.
Die stigtingsvergadering van VOLBER was ‘n groot sukses en die eerste tree in ‘n nuwe rigting wat die politieke landskap in Suid-Afrika drasties sal verander in die maande wat voorlê.

Hein Muller
Voorsitter: VOLBER.