Hoe dikwels dreig
die swartpes formasie van die dood in onweerswolke
oor jou kaal-verlate vlaktes
van ’n half vervreemde en onherbergsame, verlate mens,
waar dit rolstomend swaarbelaaide swanger-angs
in woeste plukbuie
jou berge skud en kranse wankelend laat swik,
in ’n drukkende donker wurg en verstik?
As jou gedagteblare na vaste takke gryp
wat deur die stormvleuels van verwoesting,
in verdwaasde kompasnaald rondfladder
binne ’n ongenaakbare tifonewoed,
en verspreid, verwronge in ’n sinnelose verwaarloosheid bly lê,
onder die steeds naderende uitbarsting sonder waarskuwingskoot.
en die uiteinde:
die dood.
***
In stilte na die storm, as die voëls hul lofsang sing
en die son so skaam in strale loer, deur silwer rante dring,
is wanneer ek, O Vader, U my knieë danklied bring.
GESKRYF DEUR:
WILHELM PRETORIUS