KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 24 February 2012

DIE HELDE VAN MAJUBA.


Daar is al dikwels gesê dat die geskiedenis van ’n volk die
 geskiedenis van sy helde is. ’n Volk se helde kom dan ook
 meestal uit die harde stryd wat hul moes deurmaak vir 
lewensruimte en vir voortbestaan – meestal uit bitter oorloë
 teen die vyande van so ’n volk .
Dit is nie anders gesteld in die verhaal van die Afrikanervolk
 nie. In ons relatiewe kort geskiedenis van 360 jaar aan 
die Suidpunt van Afrika staan ’n klompie militêre botsings
 uit wat enersyds die pad oop gemaak het vir die toekoms
, en andersyds ’n erfenis van legendariese heldedade
 nagelaat het. So ’n gebeurtenis is die Slag van Majuba
 wat op 27 Februarie 1881 naby Volksrust plaasgevind het.
 Deur met een beslissende daad die Britse militêre mag
 van generaal George Colley te verslaan is ’n einde gemaak
 aan die onwettige besettingsdaad van Sir Theophilus
 Shepstone in 1877.
Dit is goed dat Afrikaners elke jaar die Slag van Majuba gedenk
 deur gepaste verrigtinge op die oorspronklike terrein. Vanjaar
 word dit aangebied deur die Genootskap vir die Handhawing
 van Afrikaans. In sy voorbereidings vir die herdenking van die
 slag, het die GHA die klem laat val op die intieme verband
 tussen die Afrikaners van die destydse GRA in die Kaap en
 die stryd van die Transvaalse Afrikaners teen die Britse
 besetting van hul land. Ds SJ du Toit en ander leiers
 van die Genootskap van Regte Afrikaners het hulle
 heelhartig met die Transvaalse vryheidstrewe vereenselwig
 en het sodoende ’n gees van verset teen die Britse
 oorheersers onder alle Afrikaners aangewakker.
Die gebeure van die slag self is indrukwekkend. Op Majubaberg
 was 405 Britse soldate onder Generaal-majoor Sir George
 Pomeroy Colley saamgetrek, ’n stelling wat hulle as ’n
 onbreekbare vesting beskou het. Benewens hierdie mag het 
duisende Britse troepe suid van Laingsnek gereed gestaan. 
Vroeg op Sondagoggend 27 Februarie 1881 het ’n vasberade
 kommando van vrywilligers onder generaal Nicolas Smit die
 berg bestyg en die Britse stellings omsingel. Deur volgehoue
 vuur en briljante optrede is die Britse soldate uitgedun,
 teruggedryf en tot oorgawe gedwing.
Aan die Britse kant was die verliese soos volg: 92 gesneuwel,
 134 gewond en 59 gevange geneem. Aan die kant van die
 Boere het slegs twee burgers gesneuwel. Hierdie uitslag word
 toegeskryf aan die natuurlike vernuf van die Boere, soos hul
 kennis van die veld, en hul besondere akkurate vuur.
Die slag het jong helde opgelewer soos 
kommandant HYPERLINK 
“http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Joachim_Ferreira
&action=edit&redlink=1″ \o “Joachim Ferreira (bladsy
 bestaan nie)” Joachim Ferreira, 
assistent-veldkornet HYPERLINK “http://af.wikipedia.org
/wiki/Fanus_Roos” \o “Fanus Roos” Fanus Roos en
 assistent-veldkornet HYPERLINK 
“http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Danie_Malan&action
=edit&redlink=1″ \o “Danie Malan (bladsy bestaan nie)”
 Danie Malan. Dit het die eerste Vryheidsoorlog in die guns
 van die Boeremagte beklink en reeds op 17 Maart 1881
 is daar ’n Vredesooreenkoms onderteken.
Die Slag van Majuba sou ook die broodnodige inspirasie
 verskaf vir die veel omvangryker stryd wat op ons volk gewag
 het in 1899.
Dit het getoon dat ’n klein volk, al is hul toegerus met uiters
 beperkte middele, ’n magtige Empire soos die van Brittanje
 op sy baadjie kon gee – mits daar bekwame leiding is en die
 moed bestaan om op te tree in die oomblik van nood.
(510)