Op sy manskappe het Jopie ‘n onuitwisbare indruk gemaak. ‘n Paar dae
voor die slag van Sandfontein het hy die volgende gese: “Burgers, ek
voel baie hartseer oor my arme onderdrukte volk en oor die broederbloed
wat gevloei het, maar ek kan nie anders handel nie. Ek moet gehoor gee
aan die verhewe idee van Vryheid, Reg en Geregtigheid.
Vir my is my Vryheid en my Volk alles. Dit is nie deur die uitbreiding van
glorie of grondgebied nie, maar vir die voortbestaan van ons godsdiens,
taal en ons nasionaliteit en vir ons vryheid.”
Op Donderdag 16 Desember 1914 om half-vyf word die klein laer van
Jopie Fourie by Nooitgedacht aangeval deur troepe onder bevel van Kol.
N J Pretorius en ‘n afdeling van die polisie onder bevel van Majoor Trew.
‘n Geveg vind plaas en 10 regeringsmanne word gedood en 21 gewond.
Twee rebelles sneuwel en 4 word gewond, terwyl Jopie en 45 van sy
makkers daar gevange geneem is, maar Genl. Pienaar en 3 manskappe
ontsnap. Op 17 Desember is die 46 rebelle tussen perderuiters te voet
na Hornnekstasie geneem vanwaar hulle per trein na Pretoria-tronk
geneem is.
Onder die 46 gevangenes was daar 3 dierbare omies met wie ek ‘n
persoonlike en pragtige vriendskapsbande opgebou het. Baie van die
feite hier vervat is deur hulle meegedeel en nog veel meer is op band
opgeneem, in my besit. Hulle was Izak Stephanus du Plessis, o.a.
hoof van die SAS & H seunstehuis aan die Oos-Rand. Piet Retief
Pretorius, ‘n destydse redakteur van die Volkstem en Dawid Johannes
Pretorius was die hoof-spioen van Jopie gedrurende die volksopstand.
Op Vrydag 18 Desemer 1914 staan Josef Johannes Fourie tereg voor
‘n VELDKRYGRAAD wat in Pretoria-stad in sitting was op ‘n aanklag
van verraad. Hy word bygestaan deur advokaat Van Hees in opdrag
van ‘n prokureur Fred Klein. Later kom advokaat Dr Gey van Pittius uit
sy eie by om hulle by te staan.
So breek Saterdag, 19 Desember aan en die staat sluit sy saak af. Die
groot donker figuur van Komdt. Josef Fourie rys uit sy stoel op en spreek
die hof toe. Hy verduidelik aan die hand van insidente uit die Afrikaner-
geskiedenis waarom hy op 16 Desember ‘n gewapende mag teen die
Britse troepe in die veld gehad het.
Verder se hy: “My dade het altyd my hart blootgele. Ek is nie van plan
om die hof om genade te vra nie. Genade van my God wat my gelei het
is genoeg, maar ek vra dat die manskappe wat onder my gedien het,
genadig behandel moet word. Ek het ‘n groot invloed oor hulle gehad.”
Op Saterdag 19 Desember 1914 word petisies gesirkuleer en onderteken
deur die volk waarin aan die minister van verdediging, Genl. J C Smuts
gevra word dat indien die doosvonnis oor die twee Fouries uitgespreek
word, dit nie voltrek word nie.
Dr. D F Malan, Ds. A E Grunberger en Dr. Gey van Pittius word afgevaardig
om die petisies aan Genl. Smuts te gaan oorhandig.
Hulle verneem dat Smuts uitstedig is en toe vertrek hulle na sy plaas te
Irene. Daar word hulle meegedeel dat die general gaan WANDEL het en
terwyl hulle nog so op hom wag, verneem hulle dat hy dringend na Pretoria
ontbied is?? Hulle keer terug na Pretoria waar Dr. Malan, Ds. Bosman en
Ds. Neethling tevergeefs poog om ‘n onderhoud met die minister te kry.
Nadat verneem is dat die doodvonnis oor Kmdt. Fourie bekragtig is, word
die petisies aan Luitenant Louis Esselen, Smuts se sekretaris, gegee vir
oorhandiging. Esselen maak telefonies met Smuts kontak en word
meegedeel dat die petisies op Sondagoggend om 10:00 vm aan Smuts
oorhandig kon word. Die vonnis is reeds 5 uur Sondagoggend voltrek.
Ds. Bosman het in die begin van Desember saam met Botha en Smuts
gegaan om te praat oor die doodstraf vir rebelles wat moontlik gevange
geneem sou word. Smuts se standpunt was egter ONVERSOENBAAR en
sy besluit was baie duidelik dat as Fourie gevange geneem sou word,
dan moes hy gefusilleer word. Jopie was toe al die gemerkte prooi –
die OFFERANDE om die JINGOISTIESE haatdraende elemente te BEVREDIG.
Emily Hobhouse se brief aan Smuts – 29 Oktober 1914 : “They are brave
and good men. Keep them in prison if you will till the end, but do not
execute them.”
Die voltrekking van die vonnis op 20 Desember 1914 op Kmdt. Josef
Johannes Fourie het groot beroering onder die volk bewerkstellig en
daarom het die owerheid hom onmiddelik na die fusillering op die
gevangenis-werf laat begrawe.
Ongeveer 36 uur later, gedurende die voornag is die lyk stilletjies
opgegrawe in opdrag van die owerheid en in die geheim na die nuwe
kerkhof van Pretoria geneem en onder die naam van Hans Coetzee
begrawe. Na verskeie mislukte pogings van Jopie se eggenote, Susan
Fourie, word toestemming deur Smuts verleen on Jopie se lyk op te
grawe vir ‘n nadoodse ondersoek.
Dit geskied eers na sy dreig om hulp by die volk te gaan soek. Op 27
Oktober 1915 word Jopie se lyk opgegrawe, d.w.s. 10 MAANDE EN 7 DAE
na die teregstelling. Toe die doodskleed, twee khaki komberse, oopgesny
is, het Jopie daar gele asof hy die vorige dag gekis is. Die lyk is in ‘n nuwe
kis geplaas en onder die snikke van sy geliefdes ter ruste gele.
Na toestemming is Jopie se stoflike oorskot in die helde-akker in die ou
begraafplaas herbegrawe – 20 Desember 1923.
Die regering van destyds het die volle verantwoordelikheid vir die dood
van Jopie Fourie op sy skouers geplaas deur sy eie optrede.
Op 16 Desember is Jopie gevange geneem – op 17 Desember is Jopie
na Pretoria geneem – op 19 Desember skuldig bevind en gevonnis en
op 20 Desember is Jopie GEFUSILLEER.
Waarom die haas? Daar was geen kans vir die verdediging om behoorlik
te bepeins nie.
Smuts wou van Fourie ‘n voorbeeld maak om sodoende sy Empire-vriende
tevrede te stel.