KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 19 November 2011

DIE AFRIKANER SE KEUSE- DIE KRUISPAD IN SUID-AFRIKA


 

Soos n lam wat ter slagting gelei word, stap Afrikaners met ‘n tou om die keel saam met die ANC-regering op die ‘Nuwe Suid Afrika’ pad.Op pad slagpale toe.Die pad waar Afrikaners geslag was, geslag word, en geslag gaan word. En onthou maar vir Bloedrivier, en Bloukrans; – en die feit dat dit 2011 is, en die slagting meer instrumente bygekry het asook n massa vrywilligers wat die slagting van Afrikaners uitvoer.
 Ons sit met ‘n hele regering vol marxistiese, en ongeletterde diktators wat ons lewens regeer. Bykans 1 miljoen van hulle. En elkeen van hulle het die vermoeë en toenemend die wil om ons lewens te verwoes. Van die swart polisieman/staatsgeborge terroris wat die vrou in haar kar doodskiet, of misdadigers na die moordtonele toe aanry, en dan weer huis toe vat soos in die Vaaldriehoek; – tot by die verpleegster in die staatshospitaal wat jou juis die medikasie gee waarvoor jy allergies is.
 En hierdie staatsdiktators verwoes Afrikaners se lewens, en veroorsaak ons dood. Hetsy de-facto of de-jure. Met of sonder ‘n instruksie van die staat.Hoedit ookal sy: – ons staan op die rand van uitwissing; hetsy finansieël of fisies. As die Afrikaners finansieël uitgewis is, gaan bitter min van ons die fisiese uitwissing oorleef. Sonder geld gaan ons in plakkerskampe in die wintermaande omkom sonder mediese sorg, medisyne of hulp. As ons eers finansieël uitgewis is, is die stryd verby. Die fisiese uitwissing sal volg, sonder dat daar nog een moord van ‘n Afrikaner gepleeg word.
 En ons loop hierdie pad vrywillig. Net om ons werke te behou, is Afrikaners binne in groot maatskappye self betrokke by die vernietiging van ander Afrikaners.  En die maatskappye wat al meer teen Afrikaners diskrimineer is legio. Natuurlik weens dreigemente van die staat. Maar meestal uit vrye wil, en om in die ‘staat se goeie boekies te wees”.  Afrikaners kry nie meer kontrakwerke nie, en is ook nie meer op enige lyste van kandidate vir poste nie.  Dit is op sigself aandadigheid aan n volksmoord.
Die VN se definisies van n volksmoord lui dat : “die afdwing van ekonomiese omstandighede wat dit vir hom moeilik maak om te oorleef; is ‘n volksmoord’  En dit is teen die grondwet van Suid Afrika om op ras in die werksplek of enige plek te diskrimineer. Tog verbreek die regering en ook maatskappye na willens en wetens die grondwet van Suid Afrika.   In die proses is blankes in hierdie maatskappye mede-verantwoordelik vir die volksmoord van Afrikaners.   Ons mede-blankes, help om die res se kele af te sny onder dwang.
 Dit is eintlik n sieklike martelingstegniek waar jy n kultuurgroep se lede dwing om teen sy eie mense te diskrimineer.    Dit is die werk van die Satan.   En die wat daaraan aandadig is, moet die volgende weet: as jy dit doen, is JY aandadig aan die werk van die SATAN.    As jy diskriminasie teen Afrikaners in die werksplek beplan, of help uitvoer, is die oordeel van God, al wat jy nog op jou lewenspad kan verwag.   Jy het die merk van die dier op jou hand, of op jou voorkop.   Jy het Jesus verlaat, en Mammon as God gekies. Ter wille van Mammon het jy Jesus verloeën en Hom begin vervolg waar Hy teenwoordig is in Sy kinders.   Jy moet weet as jy Jesus verloeën, is daar vir jou geen hoop nie. Net die verwagting van die oordeel.   Daar is absoluut geen rasionalisering enigsens op enige plek en met enige argument, om die werk van die Satan te doen, of aan dieselfde juk te trek nie. Jy is besig om Jesus weer te kruisig as jy dit doen.    En vir die res van die skape is die einde hier. Die laaste dae.   Dae waarbinne jy nie meer kan koop of verkoop nie.   Kyk maar hoe mense nie meer hulle huise kan verkoop nie.    
En die wat gebuk gaan onder Sataniese belastings wat deur dienaars van Satan op munisipaliteite ingestel word teen Afrikaners, vir die skuld en krag verbruik deur die swart massas; is daar ook nie meer geld om te koop nie.   Die laaste dae is hier.   Die keuse volgens die voorskrifte van hierdie dienaars van Satan is eenvoudig: Voer ons diaboliese beleid van diskriminasie teen jou landgenote uit, of sneuwel self.     En die meeste mense kies maar eerder die inkomste van Satan, as die hand van God, om voedsel te bekom. En in die proses, verloor hulle hul siele.    So wat is die vurk in die pad?  
Die eerste vurk in die pad is dat vir gewone Afrikanergesinne is daar ellende en armoede op pad.
Die diskriminêrende maatreëls van n kriminele staat, dwing armoede op Afrikaners af. En daarna volg die fisiese verswakking van individue. Mediese sorg, en gesonde voedsel bly in die slag. En dit beïnvloed die lewensverwagting van mense. Afrikanergesinne is besig om interne ballinge in Suid Afrika te word. Bejaardes in ouetehuise trek in armoedige plekkies in, omdat hulle nie meer die verhoogde rassistiese munisipale belastings kan betaal nie. En daarmee saam is hulle mediese sorg ook heen. 
 Gewone gesinne moet nou n keuse uitoefen tussen veelvuldige reuse-uitgawes elke maand. Die keuse van wat om te betaal wissel tussen die volgende:
  • huispaaiemente;
  • water en ligterekening;
  • kos;
  • motorpaaiement;
Elkeen van hierdie uitgawes is ewe groot. In die verlede was dit bloot die huis; en motorpaaiement waarmee jy moes rekening hou. Nou is daar nog twee by.  En dit alles te midde in regstellende aksie, wat een van die broodwinners werkloos laat, en binnekort beide werkloos laat.
En n staat wat die verkoop van jou huis verongeluk het deur eensydig die kredietwette te verander sonder kompensasie of plan vir die huiseienaars wat nou vasgevang was in die eiendom. En my probleem hiermee is dat die dag toe jy jou huis gekoop het, was daar wilsooreenstemming tussen jou en die bank. Jy het die eksterne omgewing in ag geneem voordat jy die besluit om te koop gemaak het. En dit het die huidige kredietwette in ag geneem, en jy het besluit om die huis te koop met die wete dat jy jou kapitaal wat jy in jou huis belê sal kan terugkry, of dat die eiendomsmark sodanig is dat jy jou huis weer sal kan verkoop. Die staat se eensydige verandering aan die kredietvereistes beteken nou dat jy vasgevang sit in jou eiendom met min kans om dit te verkoop. En as jy die slagoffer  word van regstellende aksie, of jou finansiële situasie wil verander, kan jy dit nie meer doen nie. MAAR jy word nog steeds vir die paaiemente aanspreeklik gehou deur die bank?
Volgens my, het die hele ooreenkoms tussen jou en die banke verander, die dag toe die staat die wette verander het, wat dit vir jou moeilik of onmoontlik maak om jou huis te verkoop. Die staat het eensydig jou teenprestasie onmoontlik gemaak teenoor die bank. En daarom is dit my opinie dat huiseienaars wat sukkel om hul huise te verkoop, daarop moet aandring dat alle fondse wat hul reeds in die huis inbetaal het, as kapitaal aan hulle terugbetaal word, tesame met rente en deposito’s. En daarmee saam dat die huise daarna deur die banke in besit geneem word. Jy is nie verantwoordelik vir skuld aan banke, as die staat jou prestasie onmoontlik maak nie. Soos dit nou is, word jy gekriminaliseer vir die handelinge van n kriminele en kommunistiese regering.   
Dieselfde met individue wat deur regstellende aksie geraak word. As jy as vrou sukkel om die mas op te kom omdat jou man nie kan werk kry nie, is jy dan steeds verantwoordelik vir kredietkaarte, en ander betalings?
Hierdie ANC regering dwing ekonomiese maatreëls op ons af, wat dit moeilik maak vir ons om te oorleef, en net dit is volgens die VN se definisies, reeds n volksmoord. So as jy die slagoffer van kriminele volksmoordwette is, hoe kan jy verantwoordelik wees vir skuld wat jy nie kan betaal nie? Hoe kan jy verantwoordelik gehou word vir n kriminele staat se volksmoordwette?
Hoekom moet jy die pyne vat vir n staat wat wette implimenteer wat dit onmoontlik maak vir jou om finansiele teenprestasie teenoor skuldeisers na te kom ?
Jou verweer is eenvoudig : ‘Hierdie regering maak my deel van die nakoming van die kontrak tussen my en jou..(bank X) onmoontlik, en is alleen daarvoor verantwoordelik dat ek nie my kontraktuele verpligtinge kan nakom nie.” Die saak is tussen die banke en die regering, nie tussen jou en die banke nie. Die staat se wette lei dus daartoe dat ons as Afrikaners gekriminaliseer word deur landswette. En dit is boosaardig, onaanvaarbaar, en moet deur regsgeleerdes ondersoek word.
Die remedie is nie bankrotskap, of swartlys of enigiets teen Afrikaners wat hulle naam beletsel nie.
Die regsremedie is die onmoontlikmaking van prestasie vir Afrikaners in enige kontrak, deur die kriminele ANC regering. Punt.
 En al het albei individue in n huisgesin nog n werk, is die vraag : Ja, en “so what?”. Jy kan niks met jou geld doen nie.
 Jou geld is n tiende werd van dit wat jy in die weste daarmee kan koop. Jy kan vir n tiende van die prys n soortgelyke motor in Amerika, Kanada, Engeland en ander plekke koop. Jy kan 3 hamburgers met gratis koeldrank koop vir 3 dollars in Kanada en die VSA. Jy kan ontwerpersjeans koop vir n paar dollar in Amerika en Kanada. En al gebruik jy die wisselkoers, is dit steeds n tiende van die plaaslike prys. In Kanada betaal die staat jou n addisionele inkomste, as jou inkomste laer as die gemiddelde is. Jy kry gratis mediese sorg van hoëstaande gehalte in die lande.
 In Suid Afrika kry jy niks vir jou belastinggeld nie. Lees wat Rhoda Kadalie kwytraak in Ryland Fischer se boek: “Race”.
Vir die meeste is dit algemene kennis.
 So die eerste vurk in die pad reg voor ons is algehele armoede, plakkerskampe, en hel in die winter en tydens siektes en tydens etenstye. Dit is n feit. Rene Kruger, n CA het uitgewerk dat ons in die jaar 2015, ongeveer R 15 000 per maand net aan munisipale rekenings gaan betaal.
 Die tweede vurk in die pad is moontlike selfbeskikking vir Afrikaners. Ja, daar is hoop, en die internasionale reg is aan ons kant. Maar dit is en bly n groot droom, met massiewe koste-; en ander implikasies.   Staatstigting is welliswaar die hoogste vorm van beskawing, en ons Afrikaners het dit alreeds in 1852 en 1854 bereik.   Tans is dit weer ons strewe.
En uiteraard is dit n turksvy vir die ANC, en ook individue wat gevestigde belange, eiendom en bates het in die status quo. Individue vir wie die huidige regering n blote irritasie is, maar nog nie n saak van oorlewing nie. Ouens met nog geld in die bank en kos op die tafel. Maar dit is n enorme uitdaging. In terme van bestuur moet daar op die vlak van n regering gedink en beplan word. In terme van finansies moet daar aan uitgawes gedink word, wat n gewone staat sal laat skrik. Dink aan die oprigting van hospitale en die toerusting. Dink aan die oprigting van huise vir armes, kosverwerkingsaanlegte, lughawens, infrastruktuur van visserye, en die plant van 40 miljoen doringbome om ons eie bosveld te skep.
Maar dink aan die koste en energie om hierdie boodskap by ons mede-burgers uit te kry. En nie net uit te kry nie, maar aanvaar te kry, deur hoofsaaklik te fokus op die swart toekoms wat ons in die gesig staar. En dat dit die enigste vreedsame weg is om die juk van ‘n mislukte kommunistiese regeerideologie af te skud.
En dink aan die kostes en energie om hierdie boodskap langs gewone adverteerkanale en media aan die Afrikaners oor te dra.
Die gedrukte media, televisie en radiostasies word nog gebruik deur die staat om die dwangbaadjie van sielkundige oorlogvoering, en n gevoel van afgestomptheid rondom politieke werklikhede vir Afrikaners;  in stand te hou. En so ook word die dwangbaadjie rondom Afrikaners se verstand in plek gehou, wat hulle politieke pasifiste maak. So die ANC baat by hierdie dwangbaadjie wat die Afrikaners se verstand verlam, tot vandag toe nog.(dwangbaadjie= straight jacket)
Hierdie media hou die Afrikaners se emosies in plek, en sorg dat daar nie ongelukkigheid posvat nie. Kognitiewe dissonansie van Afrikaners word vermy deur die media. Want sodra ongelukkigheid, en besef van die werklikhede posvat onder Afrikaners, sal slegs aksie en n verandering aan die status quo weer tot die Afrikaners se geluk lei.  In leketaal beteken dit sodra die massas Afrikaners agterkom wat werklik aan die gang is, sal daar n enorme krag loskom, en moontlike revolusie of grootskaalse konflik tot gevolg hê.  En dit is presies wat die magte agter die media wil verhoed.    En ongelukkig is dit presies wat nodig is om Afrikaners te mobiliseer op pad na n eie onafhanklike en soewereine republiek, opgerig volgens internasionale reg.   
En dan doem die derde vurk in die pad of vir Afrikaners, en dit behels konflik.
Konflik met n kriminele regering, wat deur swart koerantredakteurs geag te word die grootste misdaadsindikaat in die land te wees.  Want hierdie staat is aandadig aan die volksmoord van Afrikaners, langs verkeie weë en met verskeie instrumente.    Hierdie staat is besig om die Afrikaners uit te wis, met alle mag en middele tot hulle beskikking. Hulle enigste uitdaging is om nog respektabel, en met pakke klere aan, n ietwat aanvaarbare internasionale beeld te wil handhaaf.    
Hierdie ANC regering se uitdaging is om n aanvaarbare openbare front te handhaaf, terwyl hulle wette, instrumente, amptenare, en verdraaiings van die geskiedenis; die moord van Afrikaners verseker.   Daarom is daar advertensieagentskappe wat biljoene rande betaal word om die beeld van Satan self te poets.
En wanneer Afrikaners die dag besluit om oorlog te maak, terwille van oorlewing, dan is dit die einde van die ANC.  Daar is nog geen oorlog verloor deur n volk wat veg vir oorlewing nie. Dan is ideologieë, vlae, volksliedere, en populiste nie meer in tel nie. Dan veg jy om jou eie bas te red.       En die fout wat die ANC gemaak het, is dat hulle die verkiesing in 1994 gewen het, maar die vrede verloor.   Hulle absolute arrogansie om die hele sielkundige verstandhouding van die 1994 verkiesing omvêr te werp, naamlik versoening; en om n swart rassistiese staat in te stel, is verraad, en bedrog en krimineel.   Die ANC se eie rassisme tans en staatsterreur, regverdig die hele bestaan van enige apartheidstelsel. 
Al wat blankes hoef te sê, is dat die huidige kriminele en kleptokratiese eienskappe van die ANC regering nog altyd teenwoordig was, en daarom was enige maatreels en staatsinstelling van destyds geregverdig.   Leeus en jakkalse kan net in hokke aangehou word, dan nie?
 Wat ons wel moet weet is dat Afrikaners aangemoedig moet word om enige staatsoptrede, of onderduimse werksaamhede onmiddelik rugbaar te maak, en aan die groot klok te hang. Ek weet nie of daar n meganisme is wat deur gewone boere op plase gebruik kan word om diskriminasie en onderdrukking en moorde aan te meld nie, en ook nie of die meganisme algemeen bekend is nie.    In kort het ons n paar groot probleme.
Eerstens besef die meerderheid van Afrikaners nie die omvang van die probleme wat hulle in die gesig staar nie, en besef ook nie die vernietigingspotensiaal van die betrokke elemente nie.     Afrikaners wat op die tradisionele media staatmaak vir hulle politieke insig en kennis, is die grootste slagoffers van hierdie kunsmatige donkerkamer.    Hulle is ons eerste uitdaging om te oorbrug.   Hoe om die massa Afrikaners te bereik?
 Tweedens sodra die massas bereik is, is die taak om hulle gemobiliseer te kry tot politieke aktivisme, en toetrede tot belangegroepe om mannekrag te kry vir die landswye probleme wat op pad is.      Op pad na enige nuwe more, is alle hulp en hande nodig. Vanaf finansies, tot vetkoek, en koffie in die fles, voorbidding en hande wat die wa deur die drif kan kry.
 Ons is spoedig met ons rug teen die muur, finansieël en fisies.
Vir baie van ons, gaan daar nie n more wees nie.