Groot vreugde heers in volksgeledere nadat Afriforum en TLU SA suksesvol was om die revolusionêre, opswepende en rassistiese Julius Malema in hierdie optrede van hom te beperk.
Die saak in die gelykheidshof het gespruit uit Malema se voortdurende sing van die dreunsang “Skiet die boere want hulle is verkragters”. Afriforum het betoog dat Malema dit nie mag sing nie, en TLU SA het betoog dat die hele liedjie verban behoort te word as haatspraak, omdat boere reeds al vermoor is as gevolg van die opswepende aard daarvan.
Die effek van regter Lamont se uitspraak gister in die Gelykheidshof, is dat die liedjie inderdaad nie meer gesing mag word nie: nie op ‘n openbare vergadering nie en ook nie eens op ‘n geslote vergadering nie. In wese kom dit daarop neer dat iemand dit nie eens te hard moet dink nie. Enigiemand, en dit geld nie net vir Malema nie, wat die liedjie nou sou sing, sal ‘n misdryf begaan en vervolg kan word vir haatspraak, want die liedjie is verklaarde haatspraak.
Waar die boere die bevolkingsgroep is wat die slegste aan die ontvangkant is met die moordstatistiek kan dit vir hulle goeie nuus wees. TLU SA het juis verlede week toe die misdaadstatistiek vrygestel is daarop gewys dat die moordsyfer op die boere skrikwekkend hoog is. Omgereken na moorde per honderdduisend van die boerderybevolking staan die syfer van moorde op boere op 86, terwyl die moorde op polisielede op 61 per honderdduisend van die polisiebevolking staan. Daarbenewens word boere gedurig ten onregte van allerhande sake beskuldig, soos dat hulle werkers sleg sou behandel, hulle onwettig van plase afsit, dat boere hulle grond gesteel het, waterbesoedelaars en kragdiewe is, en soos die Malema-liedjie sê, verkragters is. Daar word dus ‘n klimaat geskep dat boere misdadigers is. Daardie skuim van die land mag dus maar verdwyn en ‘n oproep van ‘n radikale jeugleier dat dié mens geskiet moet word, val dan nie op dowe ore nie. TLU SA het dit ook so tydens die verhoor aan die hof verduidelik.
Ons moet egter nie naïef wees en dink dat ná die hofuitspraak ons oorlog teen rassisme en blanke haat verby is nie. Dr. Dan Roodt van Praag stel dit netjies in ‘n artikel waar hy sê: “In weerwil van die positiewe uitkoms van die hofsaak, is PRAAG pessimisties oor die toekomstige moontlikhede van etniese saambestaan in Suid-Afrika. Hierdie gebeurtenis moet as ‘n klein oorwinninkie op die pad van Afrikaner-emansipasie van die geweld, onrede, korrupsie en diskriminasie van die sogenaamde ‘nuwe Suid-Afrika’, wat slegs in naam demokraties is, gesien word. Suid-Afrika is ‘n land vol haat wat in die gruweldade van plaasmoorde manifesteer, maar ook in die onderdrukking van Afrikaans en die Afrikaneridentiteit deur die Afro-Saksiese staat.”
Om nou te begin praat van gesprekke met die ANC om rassekwessies op te los, is dalk ‘n bietjie naïef. Malema sal nie die saak netso kan aanvaar nie. Ter wille van sy politieke aspirasies om leier van die ANC te word ten einde al sy dreigemente teen die land se blankes te kan uitvoer, sal hy polities moet oorleef. Daarom sal hy hierdie saak op appél moet neem. So ‘n appélsaak kan lank neem om op die rol te kom en dan afgehandel te word. Dit kan selfs uitrek tot na die ANC se beleidskonferensie volgende jaar, waar hy ook sy nuwe leierskorps kies. Dan sal Malema in dieselfde posisie wees as Jacob Zuma wat voor die laaste ANC-kongres nog hofsake hangende gehad het teen hom, maar toe hy eers president van die ANC geword het, dié sake soos mis voor die son verdwyn het.
Ons durf dus nie toe te laat dat die vreugde van ‘n oorwinning ons laat afstomp vir die realiteite van die toekoms nie. Weer eens som dr. Roodt dit raak op as hy sê: “PRAAG het ‘n beroep op alle Afrikaners gedoen om deel van die stryd vir ‘n durende vryheid, veiligheid en vrede te word. Mnr. Malema, soos vele ander, het ons waardigheid en menslikheid vertrap. In die woorde van regter Lamont, het hy ons verontmenslik, wat ‘n stap onderweg na volksmoord verteenwoordig. Soos die mense van Kosovo en vele ander wat aan etniese haat en onophoudelike propaganda onderwerp is, sal Afrikaners slegs veilig wees in ‘n land en ‘n republiek van hul eie.”