KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 18 September 2011

MALEMA EN SY MISPLAASDE OPVATTINGS OOR DEMOKRASIE EN SWART BEMAGTIGING.




Die ANC-Jeugleier, Julius Malema, het onlangs 'n ekonomiese oorlog teen Blanke Suid-Afrikaners verklaar.

Die oorlog sou ten doel hê om die Witman se besittings aan Swartes oor te dra om die Swart mense sogenaamd te vergoed vir die ekonomiese onregte wat die Witman die Swartes aangedoen het.

Malema dreig ook om die Blankes se grond te nasionaliseer omdat die Blankes glo die grond by die Swartes se voorsate sou gesteel het.

Voor die verkiesing van 1994 was daar ook talle Swart heethoofde wat ten alle koste Blanke Suid-Afrikaners se besittings wou oorneem om die Swartes sogenaamd te vergoed vir onregte wat Blankes teenoor die Swartes sou gepleeg het.

Ekonome het op daardie tydstip berekeninge gemaak en gevind dat as al die Blankes se ten volle opbetaalde besittings op daardie tydstip te gelde gemaak sou word en daardie geld gelykop aan swart Suid-Afrikaners uitgedeel sou word, sou elke Swartman slegs 'n skamele tagtig Rand ontvang.

Wat die stomme onkundige meneer Malema en sy talle ewe onkundige aanhangers nie besef nie, is dat die Swartman se ekonomiese bemagtiging geen tree vorentoe sal vorder nie, as elke swart man en vrou eensklaps eenmalig tagtig Rand of minder sou ontvang.

As elke swart man en vrou sy en haar tagtig Rand ontvang het, wat dan?

Wat meneer Malema en sy mede eiser meneer Mzimande in hulle kinderlike onskuld en oënskynlik onvolwasse onkunde blykbaar nog nie verstaan nie, is dat armoede, in die geval swart armoede, met oorbevolking gepaard gaan.

Die Engelse politieke en ekonomiese wysgeer, Thomas Robert Malthus, het in ‘n studiestuk wat in 1798 verskyn het, reeds daarop gewys dat die wêreld van destyds oorbevolk was en dat oorbevolking een van die groot bydraende oorsake van armoede is.

Destyds was die geskatte wêreldbevolking 'n skamele drie miljard teenoor vandag se sowat sewe miljard aardbewoners.

Die wêreld-ekonomie van vandag berus op geldskepping deurdat alles wat gedoen word, vanaf die uitvoer van Eskom se reuse veeleisende kapitaalprogram vir die oprigting van kragstasies tot die koop van 'n nuwe motor, op die skepping van skuld of in deftige taal gestel, op finansiering, neerkom.

Die grond waaroor meneer Malema so 'n groot bohaai maak en wat die Blankes kwansuis by die Swart man sou gesteel het, is ook maar net ‘n dekmantel waaronder meneer Malema, soos sy geesgenoot, Robert Mugabe van Zimbabwe, Blankes se grond wil afvat.

Meneer Malema se opleiers en meesters het hom nog nooit vertel nie, dat toe die migrasie bewegings uit Noord-Oos en Sentraal-Afrika suidwaarts begin het, moes die Boesmans of die San, vanweë oorbevolking, eerste suidwaarts begin trek.

Die Khoi, of Hottentotte soos hulle daardie jare aan die Kaap bekend gestaan het, het die Boesmans voor hulle uitgedryf.

Deur die eeue heen het daar grootskaalse vermenging tussen die twee bevolkingsgroepe ontstaan.

Die Khoi is deur die Xhosas en die Xhosas deur die Zoeloes suidwaarts verdryf totdat die San en die Khoi uiteindelik in die Kaap aangekom het.

Dus elke lappie grond wat die Xhosas beset het, is deur hulle voorgangers, die Khoi en die San, beset.

Insgelyks het die Zoeloes op hulle beurt grond beset (gesteel) wat eens aan die San, die Khoi en die Xhosas behoort het.

Portugese ontdekkingsreisigers het op hul epiese tog na Indië, die eerste Swart mense in hulle suidwaartse tog, in 1498 in die noorde van Mosambiek teëgekom.

Die Voortrekkers het op hulle geskiedkundige trek 'n roete gevolg wat so ver as moontlik, gebiede vermy het wat deur Swartes bewoon was.

In enkele gevalle is grond deur koop of diensleweringstransaksies deur die Voortrekkers van die swart volke verkry, soos in die geval van die grond wat die Voortrekkers by Dingaan gekry het. Swart mense was dekades na afloop van die Groot Trek nog in hulle eie gebiede woonagtig. Met die ontdekking van diamante en goud, het die swartes uit hulle gebiede na die minerale gebiede gestroom in die hoop om werk en kos te kry. Toe al, het hulle ook begin om in die nuwe gebiede waar hulle gevestig het, Blankes se grond ook te beset en die gebiede wat die migrante beset het, was vir die Blankes verlore.

Vir Malema om nou te kenne te wil gee, dat Blankes die grond in Suid-Afrika by Swartes gesteel het, is van alle waarheid ontbloot en getuig van 'n baie gebrekkige insig in die oorhoofse geskiedenis van Afrika en veral Suid-Afrika.