KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday, 8 February 2012

WORD DEEL VAN DIE STROOM VAN PROTES.

Ongetwyfeld was die afgelope week ‘n baie slegte week vir die
 Afrikaner.
Eers raak dit bekend dat die ANC-regering beplan om die taalwet 
so te omskryf dat Afrikaans geen kans het om as amptelike taal 
in enige staatsinstansie te oorleef nie.
Dit word duidelik dat blanke gestremdes geen beskerming meer 
geniet of voordeel mag trek uit “affirmative action”-wetgewing nie.
So saam met die bevinding dat Suid-Afrika die enigste land ter
 wêreld is waar die moordsyfer aansienlik hoër as die
 padsterftesyfer is, word dit weer bevestig dat wit boere heel
 voor in die lys van gevaarlike beroepe staan.
Al die dinge kan ‘n mens waarlik mismoedig en moedeloos laat voel.
Laat ons egter net ‘n oomblik stilstaan en vasstel waarom ons
 van hierdie dinge weet, want sekerlik sou die ANC nie self die
 onderdrukkende besluite en gebeure aan die groot klok gehang
 het nie.
Ons weet daarvan juis omdat groepe en indiwidue reeds begin het 
om daarteen op te staan.
Oor die taalwet het verskeie Afrikaanse belangegroepe reeds hulle
 stem dik gemaak en selfs die DA-regering van die Wes-Kaap
 het al gedreig met die Grondwethof.
Solidariteit het die regering se plan met betrekking tot blanke
 gestremdes oopgevlek en begin met teenaksie.
Die uitwissing van blanke boere het tot in die Europese parlement
 weerklank gevind as deel van ‘n veldtog van veral TLU SA om 
protes teen die dreigende volksmoord aan te teken.
Tot ‘n groot mate is dit te danke aan die mate waartoe vryheid van 
spraak steeds bestaan, dat ons ten minste weet van die 
dreigende onheil en die aksies daarteen. Dit is waarom ons so 
jaloers oor dié reg moet bly waak.
Daar is geen waarborg dat die protesaksies hierdie slegte besluite
 en gebeure gaan afweer nie, maar daar is wel ‘n waarborg dat
 as ons niks doen nie, die slegte besluite en gebeure hand oor hand
 gaan toeneem.
Daar is ‘n gesegde wat lui dat al wat dit verg vir die bose om te
 floreer, is vir ‘n paar goeie mense om niks te doen nie. Die 
meeste van die tyd is dit ‘n eenvoudige aksie van ondersteuning
 wat uitgevoer moet word, soos ‘n e-pos, ‘n teksboodskap of die 
ondertekening van ‘n petisie.
Dikwels hoor ‘n mens die argument dat dit tog nie gaan help nie –
 dit is al soveel keer probeer.
Die feit bly – as jy niks doen nie, gaan dit beslis nie help nie.
 Word deel van die stroom van protes, want dit is al hoe die
 stroompie in ‘n vloed gaan verander…
Begin sommer vandag. Ondersteun die verskillende groepaksies, 
petisies en skenkings om onder andere plaasaanvalslagoffers
 te help.
Die beste tyd om iets te doen om boosheid te stuit, is nou!

SEKERHEIDS WAARSKUWING.

 ALLE BOERE OP PLOTTE EN PLASE IN DIE BRITS OMGEWING, HEKPOORT,
 WOLHUTERS KOP, SANDFONTEIN, DEKROON, SONOP NEDERSETTING EN
 ANDER OMLIGGENDE AREAS, WEES WAKKER. VANOGGEND GEHOOR VAN 
'N TROK DRYWER VAN BRITS, DAT DIE SWARTES NOU ALLOUT GAAN IN
 DAAI AREAS, OM TE MOOR EN PLUNDER. PLAAS AANVALLE GAAN
 ONVERMYDELIK WEES. HULLE GAAN TOT IN GROEPE VAN 5 TOT 6 OPERATE.
 MEESTE AANVALLE SAL SO YAN 7.00 DIE AAND WEES AS JULLE TV KYK
 EN IN DIE OGGEND URE, VERNAAM OOR NAWEKE. HULLE REKEN DAN IS 
JULLE DRONK. HIERDIE OU WIL NIE POL TOE GAAN NIE, WANT HY SE DIE
 POL SAL HOM DOODMAAK. HY WIL OOK NIE VIR MY SE WAT SY NAAM IS
 OF WAAR HY WERK NIE. SO WEES VERSIGTIG.

Tuesday, 7 February 2012

SAPS asked why they do not protect white ratepayers being harassed, ambushed by jobless black males: Lelie Street, Benoni

White families in Lelie Street, Benoni terrified: harassed, ambushed by
 jobless black males, being watched day and night 
Mothers waiting for their children coming home from schools are being

 harassed: the SAPS should reinstate our safety, we are just sitting targets
 for these men, a white female resident writes. "Ive read the letter of
 Simon Penney concerning the men that hang around the intersection
 waiting for work. We live in Lelie Street close to the corner and these
 men sometimes sit so close to your gate that you are too scared to go
 into your property or go out.
They know every move of the people in this street because they watch

 us as we go in and out.
My question is, why can't the police do something? Must someone else be

 robbed before these men are asked to move away? 
Even mothers waiting for their children coming from school are being

 harassed. 
Every week we read about people being hijacked in front of their homes 

and we are just sitting targets for these men. 
The security companies try to chase them away, but they just curse and

 laugh at these officers. 
I'm sick and tired of constantly being harassed by these men. 
As they apparently have a right, we ratepayers also have a right to feel 

safe when we're at home. 
Most of the time they're just lying on their bac sleeping, not even looking

 for work.
And yes, like Simon says, give us back the peaceful home and

 neighbourhood we deserve.

WAPENS EN FASE 8.


Volks moord word onder alle omstandighede reg deur die geskiedenis gepleeg 
deur gewapende groeperings op ontwapende groepe.  As die groep wat aangeval
 word gewapen is, noem ons dit oorlog, nie volksmoord nie.
Die president is geskep, deur die geskiedenis het volksmoorde sonder 
uitsondering op grootskaalse ontwapening gevolg.
In Turkye was die Christene op groot skaal ontwapen en selfs tereggestel as
 wapens by hulle gevind is. Kort daarna is 1,5 miljoen Christene in die
 Ottoman Turkye Koninkryk in 1915 tot 1917 vermoor.
Die Soviet Unie het in hul Marxistiese anti Christelike wêreld beskouing
 tussen 1917 en 1953 geen ruimte gebied vir vryheid om wapens te besit
 nie. Dit het tot die moord op 36 miljoen Christene gelei na wapens in 
Georgia, Ukraine, en Lithuania, gekonfiskeer is. Die selfde tonele het
 afgespeel na wapenbeheer wetgewing afgedwing was in die volgende
 lande:
Nazi Duitsland vanaf April 1928, 13 miljoen vermoor. Chinavanaf 1935,
 60 miljoen vermoor. Ugandain 1971, 600 duisend vermoor. Cambodia
 1975, 3 miljoen vermoor. Rwanda 1990, 500 duisend vermoor. Suid
 Afrika in die laat negentigs, en ons sal die resultaat daarvan sien.
Ontwapening is byna sonder uitsondering  ‘n eienskap van Liberale nie
 Bybelse groeperings. In lande waar Bybelse waardes in sosio-politiese
 stelsels toegepas is, was die reg om selfverdediging as ‘n Bybelse reg
 beskou, en het stabiliteit en geregtigheid natuurlik geseëvier. Selfs in
 die Bybel is dit duidelik dat ontwapening met die oordeel van God
 gepaard gaan. Onder die heerskappy van Saul het die Israeliete onder
 die mag van die Filistyne geval. Die wet is daarna summier aangekondig
 dat die Israeliete nie enige yster smeewerk mag doen nie. Indien hulle 
enige landbou gereedskap wou skerp maak, moes hulle dit na die Filistyne 
neem om dit te laat doen. Hierdie wet het verseker dat die Israeliete nie
 wapens kon maak nie, en so sonder verset onder heidense beheer sou bly. 
Gaan lees gerus 1 Samuel 13.
In Suid Afrika het die Volksmoord voorbereiding reeds verder as net
 ontwapening gevorder. Die tydperk waarin ‘n vuurwapen lisensie vandag
 geprosesseer word is glo slegs 2 maande. Hierdie vinnige diens wat nou 
gelewer word is baie strategies beplan en in plek gesit. Na ons suksesvol
 ontwapen is dien dit as voorbereiding vir die laaste fase van volksmoord, 
ontkenning. Ons sal nou net moeiliker die ontwapening as aanduiding van
 ‘n beplande volksmoordkangebruik, aangesien wapenlisensies nou baie
 vinnig verwerk word. Dit sal natuurlik steeds nie wapens in blanke besit
 bevorder nie, aangesien duisende wapens reeds ingedien is, en nie weer 
vervang sal word nie. ‘n Fynbeplande strategie deur die vyand, wat deur
 die eeue reeds telkens suksesvol gebruik.

STILTE NA DIE STORM:

 

Hoe dikwels dreig 
die swartpes formasie van die dood in onweerswolke
oor jou kaal-verlate vlaktes
van ’n half vervreemde en onherbergsame, verlate mens,
waar dit rolstomend swaarbelaaide swanger-angs
in woeste plukbuie
jou berge skud en kranse wankelend laat swik,
in ’n drukkende donker wurg en verstik?
As jou gedagteblare na vaste takke gryp
wat deur die stormvleuels van verwoesting,
in verdwaasde kompasnaald rondfladder
binne ’n ongenaakbare tifonewoed,
en verspreid, verwronge in ’n sinnelose verwaarloosheid bly lê,
onder die steeds naderende uitbarsting sonder waarskuwingskoot.
en die uiteinde:
die dood.
***
In stilte na die storm, as die voëls hul lofsang sing
en die son so skaam in strale loer, deur silwer rante dring,
is wanneer ek, O Vader, U my knieë danklied bring.

GESKRYF DEUR:
WILHELM PRETORIUS

HOOP VAN DIE BOERKIND:


Toe die wêreldkind nog jonk was en in onskuld steeds kon glo
en in jongmenskyk met maanskyn blink, sonder oumens-somber oë,
toe die grond nog heel sy hart kon bied en die Boerseunwense voed,
so het daardie dae se son gesak wat voor Afrika moes boet.

Toe die Boer nog vry kon asemhaal as die kuddes huiswaarts keer
en die bontkorhaan en kiewietsang oor die waaigras God kon eer.
Toe die kleinseun in die klipkraal agter skape aan kon dwaal
so is daardie dae in as gegiet wat moes buig voor blink metaal.

Toe die tafel nog in skemerlig, in die flik’ring van die kers,
oor die sorg geleesde woorde skyn van die Oupabybelvers.
Toe die bedsprei nog as altaar vir die knielend Boer moes dien,
so word daardie Boerekinderglo as die spotliedmaal bedien.

In ’n wêreld wat nog eens sal draai, waar die son weer rooi sal rys,
dis die land waar Boerkindvoete weer as tuiste sal deurkruis.



DIE PRAGTIGE GEDIGTE WAT EK OP DIE BLOG PLAAS WORD ALMAL GESKRYF DEUR:
WILHELM PRETORIUS

Monday, 6 February 2012

DIE MOORD OP PIET RETIEF EN SY KOMMANDO.


Op 6 Februarle 1838 is Piet Retief met sy kommando’tjie
 van 69 man, 4 seuns en 30 agterryers net buite Dingaan se 
stat doodgemaak! Nadat hy openlik en eerlik met Dingaan 
onderhandel het oor die onbewoonde stuk grond, suid van die 
Tugelarivier, as ‘n moontlike tuiste vir die Voortrekkers, 
het Dingaan ingestem. Die Zoeloekoning het selfs so ‘n 
ooreenkoms op 4 Februarie onderteken. En toe is Retief
 en sy mense sommer so doodgemaak …
So word Retief die eerste, groot Afrikaner-Ieier wat ‘n
 marlelaar word ter wille van die Afrikaner-ideaal van ‘n eie 
Afrikaner-vaderland. Agterna is beweer dat die Engelse sendeling,
 Gardiner, wat in Port Natal gewerk het, Dingaan aangehits het 
om die Voortrekkers dood te maak. Of dit werklik die geval was,
 is nog nie vasgestel nie.
Wat egter vasstaan is dat die Afrikaner-ideaal, wat met die Groot
Trek na vore gekom het, om ‘n vrye en onafhanklike vaderland vir
 die Afrikaner te bou, nie met die dood van Piet Retief verdwyn het 
nie. Want Retief is die man wat die grondpatroon van die Afrikaner 
se toekomsideaal in sy Manifes van 1837 uitgespel het. Artikel 8
 van sy Manifes stel dit soos volg:
“Ons stel ons voor om in die loop van ons trek en wanneer ons in 
die land waarin ons gaan woon, aangekom het, ons bedoelings 
en ons begeertes aan die swart stamme bekend te maak asook
 ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.”
Dit val op dat die vrye en onafhanklike Arikaner nêrens ander
 volke aangeval het met die bedoeling om hulle land te vat en 
dit te koloniseer en om so oor hulle te heers nie. Daarom kan
 gesê word dat die Afrikaner se Vryheidsvlag in die 19de
 eeu nooit oor die kop van ‘n onderdrukte volk, wat van sy vryheid
 beroof is, gewaai het nie.
Daarom: Wanneer ons op 6 Februarie Retief se offer gedenk
en hom eer vir wat hy vir die Arikanervolk gedoen het, dan verplig 
dit ons om weer na te dink oor ons eie rol in die Afrikaner se 
vryheidstryd. Dis ‘n dag van nadenke en herinnering;
‘n dag waarop ons ‘n martelaar vir Afrikaner-vryheid gedenk. 
Saam met Retief eer ons al sy tydgenote wat hulle lewens opgeoffer 
het vir Afrikaner-vryheid, en almal wat met verloop van tyd, sy groot 
voorbeeld nagevolg het.
So word 6 Februarie, bowe-al, ‘n dag wat inspireer! Ons besef weer, 
ons volk en ons vryheids-ideaal is meer as ons enkeldenke, meer as 
ons ideaal wat net onsself in ag neem. Dit leer ons van ‘n daad
 ter wille van ons volk wat geslagte bly inspireer en aanspoor totdat
 ons daardie hoë ideaal verwerklik het. En as dit ons nie gegee is
 om dit te sien nie, laat ons dan so leef en werk dat die geslag 
of die geslagte na ons kan verwerklik – dit waarna ons en ons
 voorgangers gestreef het.